![]() |
Die kombuis die dag wat die plafonne uitgehaal is. Daar is op die stadium geen kombuiskaste of 'n stoof nie. |
![]() |
Vintage-grafiti! Die balke geinstalleer deur groot-oom Danie Fischer. |
Karel het vir die afgelope twee weke plafonne uitgebreek, dakbalke wat gebreek/gesak het herstel en AL die dwarslatte ('brandrings') (waaraan ons nuwe plafon moet vas kom) vervang.
![]() |
PVC Plafonne! Ek het hierdie prentjie van alibaba.com af gekry, LOER HIER |
Die groot voordeel van die pvc plafonne is dat die nie soos rhinoboard geaffekteer word deur waterskade nie. Die water loop regdeur die plate in die huis in. Ons gaan dus nie volgende jaar as ons (BITTER) ou plaashuisie se dak dalk nog 'n gaatjie kry, die plafonne WEER hoef te vervang nie.
Mens hoef dit ook nie te verf elke paar jaar nie en dit maak maklik skoon. Wat mens wel moet bykoop is silwer isolasiemateriaal. (Think pink sal deurskyn en te swaar wees vir die pvc plafonne).
![]() |
As jy die prentjie wil bekyk, loer hier |
Na baie wik en weeg het ons besluit op 'n matte-wit bord soos hierdie hier bo. Ons is nie gek oor die glans afwerking nie en in ons opinie kan mens makliker die riffels in die middel van elke bord sien. Die gladde afwerking gaan 'n beter keuse wees a.g.v. al die stof in die huis as die wind waai.
Ons het al ons plafonne en plafonlyste gekoop by THE PVC SHOP. Hul was hupvaardig en hul diens is puik! Vandat ons betaal het, is ons bestelling binne 'n week in Johannesburg afgelewer.
Karel het vanoggend gery om die vrag te gaan oplaai. Ons hoop om die naweek die seuns se slaapkamer te kan verf (na die mure voorberei is) en dan die plafonne te installeer!
HOU DIE SPASIE DOP!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking