![]() |
Die spasie agter die skoorsteen war die bye hulself ingewurm het. Onbereikbaar! |
Ek is nog nie seker hoe ons ons trek gaan behartig en waar ons die groter items gaan stoor nie. Ons gaan vanaand pak so besetenes. Ek beplan om die minimum items saam te trek skool toe. Ek wil nie he dit moet nog 'n vol gepakte huis word waaruit ons moet trek nie. Minimum klere, definitief speelgoed vir die seuns, yskas en een boks se kombuisware. Ons kan skoolbeddens gebruik, maar sal eie beddegoed bring.
As die volgende drie dae se trek verby is, glo ek sal ek weer kan asemhaal. Ek sien uit om uit ons huidige huis te wees en om ordentlik te kan beplan vir die volgende 4 weke sonder 'n verhuurder/nuwe inwoners wat heeltyd oor jou skouer loer en elke paar dae hul planne en eise verander.
Wat die bye betref...dit is 'n hoofpyn en 'n pos vir 'n ander dag!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking