Behalwe vir afronding is ons kombuis en opwas vertrekke so te sê reg vir Maandag se nie-so-groot trek.
Soos jul almal teen die tyd weet het ons besluit om eerder PVC-plafonne in Hoëveld Huisie te installeer i.p.v. die alombekende Rhino-board plafonne.
'n Semi-ervare Karel en 'n leuk-Louise kon die kombuis se plafon binne 'n uur en 'n driekwart voltooi het.
Eerstens moet jy drie van die vertrek se mure meet. (Daklyste word eerste ingesit en dan skuif die plafon planke in hierdie drie lyste in.)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiGrgxA3Vv6HOdaHykmXF9L_loYUyfi7Uus-gf9oZfi6YauhLhCdv1A24Vr8tx8G6_1mZcMjK0lxhTUFcNMky2k4RUXcVnEPmfRt_M008qv-2o8I8dsatIKe7wei5QdIQA5q28ZkguZ2xY/s640/IMG_20171206_133502.jpg) |
Kombuis soos jul hom laaste gesien het. Dalyste of 'cornices' is aan drie sye van die vertrek aangebring en die vierdie sy se lys word gelos tot die heel laaste plank geinstalleer word. |
Karel het na hierdie foto geneem is die 'drop lights' se bedrading gedoen. Ons het toe begin om die 6 meter lange plafon planke te meet en te sny. Die kombuis het presies 12 planke gevat om te voltooi.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgDSa1AFVSYvd-ZKrREvnUQoGFitHJ424HveMkbikvRa_UTYekKtbT-B27fVVwZyfhTGAie0-C5T2GGDU0u3onQzxTnnNd1JtbtgtseHibVoYGoQxUdVPHEYieSc69SYns4_qZvdY-6p8s/s320/IMG_20171211_160909.jpg) |
6 meter lank en BAIE buigbaar! |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiyRLPzMjuEJKTU3cFBwL-xwuuC0Yj6p4AVxPNP7sZQ5ICaaAbiOLaA96Fy4BbhaXkl7F3OFJFO6Wg25M8J-s8WFhZ4pMerbBcBXoombBfvdUfNl7rcGdr8LxDI5dqp9bB8bLhwHjEwct4/s320/IMG_20171211_160918.jpg) |
Meet en pas :) |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiW6PUEU2cPfqaUX2eXYlXY98MfqiuFhU29P_dqGT4R4iI-ZcwkFjmHZsaeT5mRBW_5meNU25Y5O8_Ik6WHmOMWNoApzUro9SABZK7zPnaKCX0W7e5ZEGvBnGbfjlsuvQPPfldqS5we45E/s640/IMG_20171211_160926.jpg) |
So lyk hul binne. So lig soos 'n veertjie, maak skoon soos 'n droom! |
Na elke lengte gesny is het ons hul kombuis toe gedra. Die planke word baie maklik vuil en is stof magnete a.g.v. statiese elektrisiteit. Niks wat 'n klam lappie nie kon beredder nie.
Elke plank word dan reg om in die daklys op die punte ingeskuif en daarna in die vorige plank ingeskuif. Ek stel voor jul kry 'n rubber hammer om die planke mee in te tik, ons handpalms was blou na dese.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhiG4kMMQKiUJl7hrwmN9NQx53y7p9trB5Q1-dyfETU8LdX4J8b89OMEYRdzwPu7uYiafvIa8FIHPD5TdHb9zMzLVwWoOIQvbEIrSHaKjHYv7sAPxBCypkjdDzuxSm47wY2lqowc1lH4pI/s640/IMG_20171211_162424.jpg) |
Karel speel met sy kramgeweer |
As die plafon plank deeglik vasgestamp (blou handpalms) is moet dit vasgemaak word aan die dwarslatte. Karel het hierdie dwarslatte nuut geinstalleer oor die voriges te ver uitmekaar was. Ons het 'n outomatiese kramgeweer gebruik wat die taak baie bespoedig het.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiV-4N6_Q6aM1QEPu6RjA04fnPKbd1B2FDvMYDtpfVZaz9KJ07ncsdmppXUx1FYMAEnps88QjIklwHZ7Nxjoi5lgAWsBzSUyHJIJlXGW6oX8Z6NADxCJsy-TyydJKWTPjQA547jM_ATM9M/s400/IMG_20171211_162521.jpg) |
So maklik, die antie het ook 'n beurt gekry. |
Ons het vier 'drop lights' (wat is die afrikaanse woord?) in die kombuis ingesit. Ons het hulle vanaf die hoek van elke vertrek 88cm van die twee mure af ingesit. Dit was omtrent in die middel van die vierde plank wat ons ingesit het.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiYzonAu3unaCrq_ROlDpssS971vmQwsKdypOmK-Xd_uTZJJHFji2a-N2Nz0tWDX7WDD-OBkrWOxdVK_lJqCNORLocItBqPwrNGvDydv4jt2baFI7WU9w66jBKDyDmx5h8bYXdNftVHQTw/s400/Untitled.png) |
Die rooi kolle is waar ons liggies ingesit is. Ons het LED liggies gebruik, ek sal net seker maak by Karel oor die Watts van elke liggie. |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgg4WO_jCLzwOp7ybM2e_Jod0ucNMGPfEzcwj_acLso65oT0mmcimC8pS5fBQXHHYLmCV0xGos9r2TBrWwXufr07sjKHQgtcKr4rzpgwnGpFj_ydfArI8Rz4wh-p6pMBjkqDX3Y0WRIP5I/s320/IMG_20171211_164138.jpg) |
Die man meet, hyt lekker parralaks fout gemaak maar ek het hom reggehelp van onder af. Hy verdien 'n prys vir sy geduld! |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhmX1si21SANFlPDtP9fTFxQTo0juIr1QEpT0HVz0Ye3gDtPv823Lk2zpd2jBEZKFBSiGIM-m11XZ6mT1XM9UzRF6TFF0S_Kp6UqeSTBNfsketk5eM8JCD2TPoXaWNaZgU_C9P1kaAhx_U/s320/IMG_20171211_164106.jpg) |
Die baie indrukwekkende gat-maker-aanhegsel wat mens op jou standaard elektriese boor monteer om gate in die plafon te saag. |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhIrvpeTeDmXmtsqagR-OPtv2psfjmpoC-YZ0V5sqI7WjET44Xcp8TghZvx1IHWK7xkPkbe24ojf-rNmcrdJJLXJ26w_z40ln8f1ePb23pMKE7gMkus3Q2ukH-YWm6LPPAxvOj42IH5FHs/s320/IMG_20171211_164225.jpg) |
Kyk daardie fokus! |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiDv0lpL2JnS_yMjsU_qU-fG8QIksIfiHtYNf9eApqpHDGBsg5jgoRabu5xKD3efUcVv3LMJlYpK6L0l-GNyESQxnDmQFZZ1BKCvGlh1fSB6d_Zr0imyI4g8O3WmYmdJHxYwaeXTmma_aU/s320/IMG_20171211_164236.jpg) |
En siedaar! Minder as 5 minute geneem. |
As jou liggie se gat gesny is, haal die gloeilampie af (ons het eers getoets of die bedrading korrek gedoen is), trek die draad deur die gat, sit jou 'drop light' se omhulsel in die plafon vas, sit jou gloeilamp weer terug en siedaar slaaiblaar!
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEglbtms1f6I1Ria-G3rjc_9Z9OHbRkf1dbSQ9vRQ58V0VsJ-fPVNIhenryHAJAv0DBG6k6e6x2cmVkXxYDxkvxZRnBgd2C6or0VGAnToG5NhaZoKMhC0ohDcxZq8OfusstKuReLBBssFOo/s400/IMG_20171211_164324.jpg) |
Die 'drop lights' het sulke draad armpies wat afwaarts druk toepas. Die omhulsel knyp homself basies aan die plafon vas. |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjGwYEhrgCvIXeV66Iea4uDa4m2E3jxWvGrgVSDtVCpYQkswRMmd5PWtHKChyrFsby0laW_raoO9khh_F4S1IUA1f6R2PmGqRxsLegpKMNh9B5M76ysF0mZRpjH_brcoxac675QDo32nLc/s320/IMG_20171211_164343.jpg) |
Karel trek die lig se proppie deur die gat. |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgtqNSArFQQK8xl2LYUi_o317_EZa9CxeVKJBw4DbgmVR_HfD4AwQTuWmSBVy2M__0s-9IAayQGJp6I1gme_v5XRqQmXY0MoNsUupwt6_nkRp529lqim_-RPf_5NAlg48v73sEfrlzwVvk/s320/IMG_20171211_164401.jpg) |
Omhulsel is vasgeknup/ingesit en Karel sit die gloeilampie terug. |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEh1L5oWAnLkr27btXyLbQhJbBIYfgS7aqnmZhucChpafCvyyS9KdBK6g50F02emGwt8xKhOnT05vFXuvw_jptok_1n7-Q1n5n_CXyYXnR91qQg3kkVfPJazCaB7KqNkC9upP2LkJX46TDk/s640/IMG_20171211_164429.jpg) |
So maklik, minimalisties en mooi! |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiG87jPN7qc3oSOYDg_CMwUVX9FBbLRtF0MabwATaDM5L-64xos4mAKFsOSA_Xo2t59d7YDq09v1aa7Ftk5fHyO_0opZXZzDJ2f6ze7jisoR2tA3wLtSmmg0hA7pBz7lWMalmljAezNuno/s640/IMG_20171211_164441.jpg) |
Die twee liggies het ons regtig seker 15 minute geneem. |
Na ons eerst twee liggies ginstalleer is, het ons die plafon planke verder ingeskuif en vasgekram tot dit tyd was om die ander twee liggies in te sit. Na dit voltooi is het ons nog een plank ingeskuif en toe was dit tyd vir die laaste plank en daklys!
Om jou vertrek se dak te voltooi moet jy die laaste plank EERS in die daklys inskuif en dan albei van hierdie in die vorige plafon plank inskuif. Dit is nogal 'n storie en vat baie geduld, gebuig en geskuif.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhUH0juect99V3C-2YbQMKj94H7XvYCWbTWZN9uyNXL7-qbFedyX83ZWhfk6-NV7UD687I46ElcfOys1Awu13enguRNxDhkPRJC8l3WJNd51lvzfMJiSFN7Q3V_2iSZPD5qlvX62mNPE58/s320/IMG_20171211_173149.jpg) |
Plank is in daklys ingeskuif. |
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEi5v8T-KQPe-dpgIIBX4finCGKrQDtz2vD6KfByF7bvvVpnrRsTmlpqBnPKvgZ8ucNk2lpt66KGiO2Qj2w0hiwfdt2LZD6K1F-CDjhembxr6SpxsKtTXODbzyCqBO7eraZ-kOIvXFLbAuc/s640/IMG_20171211_173158.jpg) |
'n Kykie van naderby |
Omdat jy die daklys aan die laaste plank vasgeskuif het en toe die laaste twee planke inmekaar ingeskuif het, sal jy (as die twee planke mooi ingeskuif/ingestamp is met jou vingers) die laaste twee planke met verwers plakband aan mekaar moet vasplak. Ons het dit gedoen omdat ons die daklys effens van die laaste plank af moet afskuif om dit nader aan die muur te kry. (Sien foto twee en drie vir die verskil wat dit maak).
Daarsy, dit is hoe ons ons pvc plafon geinstalleer het. Karel en my skoonpa het met ons kamer baie metodes probeer en dit was die metode wat die beste resultate vir ons gelewer het.
Ek hoop dit was insiggewend. Ons het ons plafonne bestel by
THE PVC SHOP. Hul diens is puik en die verkoopsdame was baie behulpsaam.
Ons moet nog isolasiemateriaal aanskaf en insit.
Ons is mal oor hoe dit uitgedraai het!
Baie groete
{K & L}
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking